Tydens die Somerweek (Bokkieweek) vir die 7’s-rugby in Oktober by H/S Wilgers in Pretoria, is Cornus van den Berg, graad 10, van Hoërskool Ermelo, gekies vir die o/16 SA-Bokkiespan wat vanaf 3 tot 13 Desember aan die Vision Sports-toernooi in Mauritius gaan deelneem.
Baie geluk, Cornus! Die Erries is besonder trots op jou en wens vir jou alle seën toe! Geniet die toernooi!