Op Woensdag, 8 November 2017, is die Graad 12-kunsleerders van Ermelo Hoërskool se praktiese take deur die Departement gemodereer. Daarna was die kunswerke beskikbaar in ‘n uitstalling om deur die publiek besigtig te word.
Die leerdres het vier praktiese assesseringstake deur die loop van die jaar gehad met elke taak sy eie tema. PAT 1 se tema was Klere, PAT 2: Hande, PAT 3 is Breekbaar gewees en PAT 4 se tema was Blou. Die leerders kan hierdie tema’s interpreteer soos hul goeddink. Leerders skep en eksperimenteer in hul bronboeke, waaruit hul dan ‘n finale kunswerk skep.
Elke kunswerk is van hoogstaande gehalte en die leerders het voorwaar unieke, kreatiewe werke geskep.
Ons is besonders trots op hierdie leerders wie se talent in kuns met jou siel kommunikeer wanneer jy na hul werk kyk: Chriselma van den bergh, Hermie Odendaal, Armand Koekemoer, Stembiso Kananda en Karabo Motsoahole.
Welgedaan, Erries!