)

Hoërskool Ermelo se 2018 matriekuitslae maak Erries trots

Die 2018 matriekgroep van EHS het, soos dit die Erries betaam, goed presteer tydens die NSC-eindeksamen.

EHS-leerders spog met Baccalaureus van 73% en 21% wat kwalifiseer vir verdere tersiêre opleiding. Dus slaag 94% van die EHS se leerders met universiteitstoelating.

Die slaagsyfer van 99% is weereens ‘n bewys van EHS onderwysers en leerders se toewyding, deursettingsvermoë en harde werk.

Uit ‘n groep van 101 matrikulante word ‘n totaal van 99 A-simbole en ‘n merkwaardige 146 B-simbole behaal.

Die volgende vakke behaal goeie vakgemiddeldes:

Musiek (76%)
Lewensoriëntering (75%)
Visuele Kuns (75%)
Siviele Tegnologie (72%)
Geskiedenis (71%)
Toerisme (70%)
Afrikaans Eerste Addisonele Taal (69%)
English First Additional Language (69%)
Afrikaans Huistaal (65%)
Geografie (65%)
Inligtingstegnologie (65%)
Wiskundige Geletterdheid (61%)
Rekeningkunde (60%)
Ingeneurs-grafika en –ontwerp (60%)
Ekonomie (58%)
Wiskunde (55%)
Fisiese Wetenskap (50%)

EHS het twee leeders wat elk vyf onderskeidings behaal het:

Lusanti Brundyn: Musiek (91%), Lewensoriëntering (90%), Engels Eerste Addisionele Taal (88%), Lewenswetenskap (84%), Afrikaans Huistaal (80%), Wiskunde (78%) en Fisiese Wetenskappe (78%).
Lydia Landman: Geskiedenis (95%), Lewensoriëntering (90%), Rekeningkunde (89%), Afrikaans Huistaal (84%), Wiskunde (83%), Engels Eerste Addisionele Taal (78%) en Fisiese Wetenskappe (70%).

Leerders wat spog met vier onderskeidings, is:

Jenna Lewis: Geskiedenis (99%), Lewensoriëntering (91%), Fisiese Wetenskappe (87%), Engels Eerste Addisionele Taal (83%), Afrikaans Huistaal (79%), Wiskunde (79%) en Lewenswetenskap (77%). Jenna spog met die hoogste gemiddeld van 2018 se matrieks met ‘n pragtige 85%.

Charl Rautenbach: Wiskundige Geletterdheid (90%), Lewensoriëntering (87%), Geografie (84%), Geskiedenis (84%), Landbouwetenskap (76%), Engels Eerste Addisionele Taal (75%) en Afrikaans Huistaal (71%).

Vandré Swart: Geskiedenis (90%), Visuele Kuns (88%), Lewensoriëntering (87%), Engels Eerste Addisionele Taal (81%), Ingeneurs-grafika en –ontwerp (77%), Afrikaans Huistaal (75%), Wiskunde (63%) en Fisiese Wetenskappe (60%).
Berné de Kock, Elbeth Badenhorst, Deoline Cronjé, Willie Greyling, Sorita Holtzhausen en Franchoné Mulder behaal elk drie onderskeidings.

Hoewel die EHS nie 100% slaagsyfer het nie, is die Hoof en personeel dankbaar vir elke Errie wat sy/haar deel gedoen het en is ons oortuig dat die leerder wat die her-eksamen gaan skryf wel ons slaagpersentasie na 100% sal opskuif.

Met dank aan ons Hemelse Vader vir krag, leiding en genade aan 2018 se matriekgroep, groet ons hulle met wense van voorspoed en seën vir hulle toekoms.

Die Erries is trots op julle!

 

 

 

Become a Sponsor

Related Posts

Suid-Afrikaanse Modern Pentathlon – Hoërskool Randburg

Suid-Afrikaanse Modern Pentathlon. Randjie-ster skitter op die wêreldverhoog! Tydens die afgelope skoolvakansie het , ‘n vasberade leerder van Hoërskool Randburg, nie net haar skool nie, maar ook haar land met…

Laerskool Stulting Baasdag!

Unicorn roomyse, blink strikdasse en sparklers…  So het Stulting Baasdag gevier, want ons base is magical…  Baie dankie aan Mnr. Cornelius Coetzer (skoolhoof) en Mnr. John Fourie (adjunkhoof) vir die…

Leave a Reply

You Missed

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal