Die Erries het vanjaar op ‘n gepaste wyse afskeid geneem van 2019 se matrieks. Die matriekafskeid van 2019 te Perdekraal, was ‘n toonbeeld van klas, styl en ware Errie-wees. Van die dekor, kos, graad 11-kelners, uitrustings tot die atmosfeer wat geheers het, het getuig van Hoërskool Ermelo wat alles wat aangepak word, op ‘n vlak doen wat geen gelyke het nie.
Matrieks van 2019: EHS wens julle alle voorspoed en seën toe vir die toekoms. Dankie vir die vyf jaar wat Errie-wees vir elkeen prioriteit was.
Onthou mnr. Pieter Grobler se woorde: “Legends aren’t born. They are created.”
Mag die toekoms vir julle blink wees en mag julle Errie-harte altyd groen bly klop!