Mnr. Herman Labuschagne, me. Tirsa du Toit, me. Geraldine van Dyk en mnr. Stephan van Dyk is nou gekwalifiseerde ASA-vlak een afrigters.
Gedurende die vakansie het vier onderwysers van Hoƫrskool Ermelo die vlak een kursus van Atletiek Suid-Afrika bygewoon te Hoƫrskool Menlopark. Die kursus is aangebied in samewerking met afrigters van Fast Feet Development.
Die EHS-afrigters het baie geleer en ten spyte van die lang ure die kursus baie geniet. Dit het algemene afrigtingsvaardighede, sowel as sport item-spesifieke afrigting ingesluit en al vier die Erries kwalifiseer as ASA vlak een afrigters na die kursus.
Die Erries is tans besig met die atleiek voorseisoen. Sterkte aan al die atlete. EHS is opgewonde vir die seisoen en weet dat al die harde werk beloon sal word.