Ten spyte van die uitdagings van COVID-19, het Erries wéér uitstekend presteer op kultuurgebied.
Chrizanne Joubert, graad 8-leerder van Hoërskool Ermelo, het ‘n vierde plek behaal by Radikale Redenaars met ‘n Afrikaanse toespraak en ‘n sewende plek vir Afrikaans lees (prosa).
By Podiumpret behaal sy ‘n sewende plek met haar toespraak en ‘n derde plek vir Afrikaans lees. Sy verwerf onderskeidelik “amper-goud-” en “goue-” toekennings.
Sy presteer besonder goed by Con Spirito waar sy as itemwenner aangewys word vir Afrikaans voorbereide lees en deur dring na die finaal wat later vanjaar plaasvind.
Leandri Viviers, graad 11-leerder van EHS, word as itemwenner aangewys in kreatiewe skryfwerk vir haar English Essay (second language) en dring na aanleiding van die prestasie ook deur na die finale ronde.
Anke Kruger, ook graad 11-leerder van EHS, behaal ‘n A-simbool vir Afrikaans gedramatiseerde poësie.
Baie geluk aan hierdie dogters met elkeen se uitsonderlike prestasies.
EHS is trots op julle!