)

Hoërskool Ermelo Kultuurprestasies

Ten spyte van die uitdagings van COVID-19, het Erries wéér uitstekend presteer op kultuurgebied.

Chrizanne Joubert, graad 8-leerder van Hoërskool Ermelo, het ‘n vierde plek behaal by Radikale Redenaars met ‘n Afrikaanse toespraak en ‘n sewende plek vir Afrikaans lees (prosa).

By Podiumpret behaal sy ‘n sewende plek met haar toespraak en ‘n derde plek vir Afrikaans lees. Sy verwerf onderskeidelik “amper-goud-” en “goue-” toekennings.

Sy presteer besonder goed by Con Spirito waar sy as itemwenner aangewys word vir Afrikaans voorbereide lees en deur dring na die finaal wat later vanjaar plaasvind.

Leandri Viviers, graad 11-leerder van EHS, word as itemwenner aangewys in kreatiewe skryfwerk vir haar English Essay (second language) en dring na aanleiding van die prestasie ook deur na die finale ronde.

Anke Kruger, ook graad 11-leerder van EHS, behaal ‘n A-simbool vir Afrikaans gedramatiseerde poësie.

Baie geluk aan hierdie dogters met elkeen se uitsonderlike prestasies.

EHS is trots op julle!

Become a Sponsor
  • Related Posts

    KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

    KZN Marlins Basketball. Lamia Amod Joins the KZN Marlins! St John’s D.S.G. is thrilled to celebrate Lamia Amod, whose exceptional talent and determination have earned her a coveted place in…

    Gedagte vir die Week – Thought of the Week

    Gedagte vir die Week – Here, U is my lewe, U sorg vir my. Wat ek ontvang, kom alles van U af. Psalms 16: 5-7 Thought of the Week –…

    Leave a Reply

    You Missed

    KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

    KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

    Gedagte vir die Week – Thought of the Week

    Gedagte vir die Week – Thought of the Week

    Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

    Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

    EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

    EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

    Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

    Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

    Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal

    Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal