Leerders van Lettie Fouché Skool het vroeg in die jaar ‘n nuwe uitdaging aangepak – hulle het erdwurm plase gebou. Hierdie projek het leerders vaardighede aangeleer soos bou van erdwurm plase, sorg van erdwurm plase, verpakking en verspreiding van die produk.
Hulle was so vol vertroue in hul produk dat hulle dit ingeskryf het vir ‘n ENTREPRENEURSKOMPETISIE wat deur AfriForum geloots is. Guns was aan hulle kant en hul inskrywing is aanvaar. Die finale inskrywing word in November aan die publiek bekend gestel word. Die publiek stem vir die wenners via sosiale media.
Baie geluk aan elke leerder vir hul harde werk.
Foto’s verskaf