Foto: Jana Vissser
Die graad 10- en 11-Errie landboubestuur-leerders het op Woensdag 7 Oktober die JanVos Landgoed besoek van meneer Jan Grey.
Daar het die leerders baie gesien en geleer: hoe bulle se saad getap en getoets word vir verskeie siektes, hoe die veearts dragtigheid op vroulike diere getoets het, hoe om beeste inentings te gee, oor die bestuur van ‘n Boran-stoet, asook algemene hantering van stoet-kuddes.
Daarna het die leerders die melkportaal en die behuisingstelsel by die melkbeeste besigtig waar hulle kon sien hoe tegnologie hierdie boerdery-afdeling tot sukses lei.
Die Erries bedank vir Hendi-Hein Matthew’s en Jan Grey vir hulle tyd en vir die ongelooflike leerervaring waarby Hoërskool Ermelo se leerders soveel kon baat.