Die tweedespan hokkiedogters neem deel aan die Mpumalanga kwarteindrondte op Hoërskool Volksrust se velde. Hierdie spanne het aanskoulike hokkie gespeel en elke wedstryd gemaklik gewen. Die eerste wedstryd het plaasgevind teen Komatipoort en wen die Erries 6-1. Zelné de Jager teken 3 doele aan met Jani Hattingh, Clariz Olivier en Qondo Cindi wat elk 1 doel slaan.
Die tweede wedstryd het plaasgevind teen die Erries se bure, Ligbron Akademie vir Tegnologie en het die Erries van die afslaan af die heeltyd in die teenstaanders se doelgebied gekuier. Clariz Olivier teken in hierdie wedstryd 4 doele aan en Zelné de Jager 2.
Die tweedespan speel op 16 Junie 2018 by Curro Bankenveld in die Mpumalanga semi-finaal.
Die A-spanne speel eerskomende naweek, 9 Junie almal hul Mpumalanga uitspeelwedstryde. Die o/14A’s speel tuis op EHS se velde, die o/15A- en o/16A-spanne speel by Curro Bankenveld en die Hoërskool Ermelo Calstar Eerste Dogtershokkiespan speel by die Hockey Farm in Witbank.
Baie sterkte aan al hierdie spanne.
Foto bo:
Voor: Jenna Lewis (kaptein), Qondo Cindi, Jané Willemse, Zelné de Jager, Anja Hobbs.
Agter: Me.Tirsa du Toit (hulp-afrigter), Clariz Olivier (onder kaptein), Jani Hattingh,
Hanje Erasmus, Theané Arnoldi, Sunelle du Bruyn, Yonette Fourie (No 1 ondersteuner),
Leané von Wielligh, Gerzanda Fourie, Me. Linda Horn (afrigter) en Lana Grobler.