Die Erries se rugbyspanne het die afgelope Saterdag, 2 Junie 2018, aan die kwartfinale rondte van Mpumalanga deelgeneem, onderskeideik in Lydenburg.
Die EHS se o/14A-span speel teen HTS Witbank en EHS wen met 35 punte teenoor 17. Tiaan Grobler en Ignus Ferreira druk elk twee drieë en Marko Ferreira druk een. Juan-Paul Labuschagne skop twee doel- en strafskoppe oor.
Die o/14B-span speel ook teen HTS Witbank, maar verloor ongelukkig met 19-32. Hierdie span se drieë is gedruk deur Herman Holtzhausen, Bongani Shabangu en Manana Mcusi met elk een. Edrick van der Westhizen skop twee doelskoppe oor.
EHS se o/15A-span verloor teen Rob Ferreira met ‘n telling van 15-27. Die puntemakers is Sfiso Mahlangu, Danie Theron en Lourens Erasmus met elk een drie.
Die Erries se o/16A-span kom ook teen HTS Witbank te staan en wen 27-19. Rabbie Marsh, Sechaba Manaso, Daniel Mulder en David Krause druk elk een drie en Hardus Rothmann skop twee doelskoppe en een strafskop oor.
Hoërskool Ermelo Nashua Highveld Eerste Rugbyspan speel teen Ligbron Akademie vir Tegnologie. Die Erries wens Ligbron geluk met ‘n bestendige vertoning deur hul eerste rugbyspan en hulle wen-telling van 23-63.
Hier was die puntemakers die volgende spelers: Euwan Pretorius, Mthandeni Thomo en Herman Moolman met elk een drie en Walter Visser het een doelskop en twee strafskoppe oorgeskop.
Alhoewel dit duidelik was dat die Erries die oorhand in die skrums en lynstane gehad het, was dit die agterlyn-spel van die Liggies wat tydens ‘n geelkaart aan EHS se heelagter die verskil gemaak het.
Die Erries is veral beïndruk met die sportmangees wat geheers het en hulle “Hand Shake Challenge” – die Erries gee hul opponent ‘n handdruk voor die wedstryd as teken van respek. Mnr. John-Laffnie de Jager het namens die Erries ook hierdie uitdaging aan die Springbokspan gerig.
Hoërskool Ermelo is trots op elke seun wat sy alles gegee het en wens die Liggies alle voorspoed toe vir die verdere uitspele.
Die Erries se rugbyspanne en tweede-dogtershokkiespan het die afgelope Saterdag 2 Junie aan die kwartfinale rondte van Mpumalanga deelgeneem, onderskeideik in Lydenburg en Volksrust.