Foto bo: Die groep graad 12-leerders van Hoërskool Ermelo tydens die prakties
Hoërskool Ermelo se graad 12-Landboubestuur-leerders het hulle jaarlikse praktiese-assessering gaan doen by mnr. Johan Pretorius van Milestone Beefmasters. Die PAT-assessering is deel van die leerders se praktiese punte wat hulle moet akkumuleer deur die jaar.
Mnr. Johan Pretorius het die Erries met ope arms ontvang en baie inligting in verband met moderne boerdery en keuring van top diere met die leerders gedeel. Daarna het die leerders beeste gemerk, ingeënt, gedoseer, gehanteer, geëvalueer en in rangorde geplaas van goed na minder goed.
Baie dankie aan mnr. en me. Pretorius vir die gasvryheid en waardevolle inligting wat aan die leerders oorgedra is. EHS is opreg dankbaar vir die betrokkenheid by Hoërskool Ermelo.