)

Hoërskool Strand Toutrekkers skitter by Wes-Kaap- en SA Senior Toutrekkampioenskap

Verskeie van Hoërskool Strand se junior toutrek-atlete het onlangs aan die Wes-Kaap Senior Toutrekkampioenskap in Robertson deelgeneem waar hul verskeie WP-spanne op senior vlak verteenwoordig het. Na ‘n harde kompetisie van veral die Eden- en Wynlandspanne was dit die Westelike Provinsie se spanne wat die algehele kompetisie gewen het.

Twee weke later het die SA Senior Toutrekkampioenskap by die Helderberg Toutrekklub se sportveld plaasgevind en weer het Hoërskool Strand se toutrekkers geskitter.  Onder mentorskap van die ouer en meer ervare senior trekkers, het die junior trekkers goed ingepas, baie geleer en puik presteer –  in so ‘n mate dat 43 medaljes onder  21 junior trekkers losgeslaan is.

Die deelname aan die senior kompetisies het die junior deelnemers die geleentheid gebied om in hierdie abnormale COVID-19 jaar, binne die neergelegde reëls, fikser en nog sterker te word asook om aan nuwe trekstyle blootgestel te word.

Dit was beslis ‘n groot voorreg, maar veral ‘n fantastiese leerskool vir jong toutrekkers om saam met die senior sportmanne meer omtrent hierdie snelgroeiende sport se fynere kunsies te leer.  Hierdie ondervinding gaan beslis positiewe vrugte in die komende junior toutrekseisoen afwerp en groot dinge word van ons Arend-toutrekatlete in 2021 verwag.

Foto’s verskaf

SA Senior Klubkampioenskappe (Hartenbos)

43 Medaljes is verower:
Blaze Bosch – 2 x brons; Durand van Deventer – 1 x Goud, 1 x Silwer 1 x Brons.

Wes-Kaap Senior Toutrekkampioenskappe (Robertson) 

Anese Groenewald – 1 x Brons; Blaze Bosch – 2 x Silwer; Brendon van Rooyen – 1 x Goud, 2 x Silwer; Dominique Shephard – 3 x goud; Durand van Deventer – 2 x Silwer, 1 x Brons; Louie Smit – 1 x Silwer; Marconette Els – 1 x Brons; Melizza van der Merwe – 2 x Brons; Mia de Gouveia – 1 x Brons; Misha Goosen – 1 x Brons; Nina Esterhuizen – 1 x Brons

SA senior Toutrekkampioenskappe (Heidelberg)

Blaze Bosch – 1 x Silwer, 1 x Brons; Brendon van Rooyen – 2 x Goud, ! x Brons; Dominique Shephard – 1 x Goud, 2 x Silwer; Durand van Deventer – 1 x Goud, 1 x Silwer, 2 x Brons; Francois Uys – 2 x Silwer; Louie Smit – 1 x Silwer; Melizza van der Merwe – 1 x Goud; Nina Esterhuizen – 1 x Goud; Stefan Connan – 1 x Silwer, 1 x Brons – Zack Barnard – 2 x Silwer.

Become a Sponsor
  • Related Posts

    KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

    KZN Marlins Basketball. Lamia Amod Joins the KZN Marlins! St John’s D.S.G. is thrilled to celebrate Lamia Amod, whose exceptional talent and determination have earned her a coveted place in…

    Gedagte vir die Week – Thought of the Week

    Gedagte vir die Week – Here, U is my lewe, U sorg vir my. Wat ek ontvang, kom alles van U af. Psalms 16: 5-7 Thought of the Week –…

    Leave a Reply

    You Missed

    KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

    KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

    Gedagte vir die Week – Thought of the Week

    Gedagte vir die Week – Thought of the Week

    Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

    Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

    EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

    EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

    Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

    Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

    Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal

    Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal