Verskeie van Hoërskool Strand se junior toutrek-atlete het onlangs aan die Wes-Kaap Senior Toutrekkampioenskap in Robertson deelgeneem waar hul verskeie WP-spanne op senior vlak verteenwoordig het. Na ‘n harde kompetisie van veral die Eden- en Wynlandspanne was dit die Westelike Provinsie se spanne wat die algehele kompetisie gewen het.
Twee weke later het die SA Senior Toutrekkampioenskap by die Helderberg Toutrekklub se sportveld plaasgevind en weer het Hoërskool Strand se toutrekkers geskitter. Onder mentorskap van die ouer en meer ervare senior trekkers, het die junior trekkers goed ingepas, baie geleer en puik presteer – in so ‘n mate dat 43 medaljes onder 21 junior trekkers losgeslaan is.
Die deelname aan die senior kompetisies het die junior deelnemers die geleentheid gebied om in hierdie abnormale COVID-19 jaar, binne die neergelegde reëls, fikser en nog sterker te word asook om aan nuwe trekstyle blootgestel te word.
Dit was beslis ‘n groot voorreg, maar veral ‘n fantastiese leerskool vir jong toutrekkers om saam met die senior sportmanne meer omtrent hierdie snelgroeiende sport se fynere kunsies te leer. Hierdie ondervinding gaan beslis positiewe vrugte in die komende junior toutrekseisoen afwerp en groot dinge word van ons Arend-toutrekatlete in 2021 verwag.
Foto’s verskaf
SA Senior Klubkampioenskappe (Hartenbos)
43 Medaljes is verower:
Blaze Bosch – 2 x brons; Durand van Deventer – 1 x Goud, 1 x Silwer 1 x Brons.
Wes-Kaap Senior Toutrekkampioenskappe (Robertson)
Anese Groenewald – 1 x Brons; Blaze Bosch – 2 x Silwer; Brendon van Rooyen – 1 x Goud, 2 x Silwer; Dominique Shephard – 3 x goud; Durand van Deventer – 2 x Silwer, 1 x Brons; Louie Smit – 1 x Silwer; Marconette Els – 1 x Brons; Melizza van der Merwe – 2 x Brons; Mia de Gouveia – 1 x Brons; Misha Goosen – 1 x Brons; Nina Esterhuizen – 1 x Brons
SA senior Toutrekkampioenskappe (Heidelberg)
Blaze Bosch – 1 x Silwer, 1 x Brons; Brendon van Rooyen – 2 x Goud, ! x Brons; Dominique Shephard – 1 x Goud, 2 x Silwer; Durand van Deventer – 1 x Goud, 1 x Silwer, 2 x Brons; Francois Uys – 2 x Silwer; Louie Smit – 1 x Silwer; Melizza van der Merwe – 1 x Goud; Nina Esterhuizen – 1 x Goud; Stefan Connan – 1 x Silwer, 1 x Brons – Zack Barnard – 2 x Silwer.