Die Streepbaadjie was vir baie jare die amptelike skoolbaadjie van die Ermelo Hoƫrskool. Later het dit verander na die huidige effekleur groen baadjie.
Vir die afgelope sewe jaar het dit die Matriekbaadjie geword wat leierskap simboliseer. Gedurende 2010 het die eertydse hoof, wyle mnr. Bok Martins, begin om die geliefde Streepbaadjie terug te bring. Dit is nou tradisie dat slegs die graad 12-leerders die baadjie dra.
Aan die einde van die Erries se graad 11-jaar, vind ān baie besonderse Baadjieseremonie in die Ouditorium plaas. Die kode vir elke leiergroep word voorgehou vir die dra van hierdie baadjie in graad 12 as die leiergroep van die skool. Die leerders word in groepe na die verhoog geroep en dan is die die ouers se voorreg om die baadjie vir hul kind aan te trek.
Baie dankie aan AL die Errie-ouers wat hierdie funksie bywoon en dit ān besonderse geleentheid vir die Erries maak.
Die materiaal word spesiaal vir die Ermelo Hoƫrskool vervaardig en die Erries is die enigste skool wat diƩ unieke baadjie het. Dit is besonder spesiaal en absoluut deel van Errie-wees.
āDie strewe van die EHS lĆŖ soos die groen bulte van die natuur rondom ons, vas en seker, in eenvoud en skoonheid. Hier asem ons die skoon, vars lug in. Hier dra ons die groen en wit kleurbaadjie met dieselfde toewyding en trots as hierdie aarde en sy mense… hierdie strewe sal nooit verander en verswak nie.āĀ (Mnr. Spiere Janse van Rensburg; EHS Hoof vanaf 1985 to 1995)
Foto hierbo: Willie Greyling en Lydia Landmann (Presidente van 2018) staan op die verhoog terwyl Mnr. Pieter Grobler die kode aan hulle lees.