Die Erries A-Gholfspan het die afgelope week aan die Junior Mpumalanga Kampioenskappe in Middelburg deelgeneem. Stefan Kemp, Tyron Dewar (foto bo), Daniël Mulder (foto onder) en Kobus van Heerden was die spelers wat die EHS by hierdie besondere toernooi verteenwoordig het. In ‘n formaat waar die spelers elke hou moet tel totdat die bal in die gat is, het die Erries hul goed van hul taak gekwyt om ‘n spantotaal van 254 aan te teken wat aan hul die derde plek besorg.
Op Vrydag 18 Mei 2018 het al vier die Errie gholfspanne aan die tweede rondte van die Gert Sibande Gholfliga te Bethal Buiteklub deelgeneem. Die Erries het die yslike winderige weer getrotseer en het met uitstekende gholf daarin geslaag om skoonskip te maak. Die A-span eindig dié rondte op 41 punte wat dan aan hul hierdie week se eerste plek besorg. Stefan Kemp en Daniël Mulder is hul span se beste spelers en dra elk 14 punte by. Die B-span sluit rondte twee ook af as die wenners van hul afdeling met ‘n uitmuntende spantotaal van 53 punte. Diederik van der Walt is hierdie span se beste spelers en teken sy kaart vir 19 punte. Die C-liga, waar die Erries elke week twee spanne inskryf, is oorheers deur die Errie-gholfspelers. Die C1-span eindig die rondte op 46 punte en die C2-span op 43 punte wat beteken dat hul onderskeidelik eerste- en tweede-plekke in hierdie liga beklee. Vosjan Grey en Marni Prinsloo is elk in hul onderskeie spanne die beste spelers.
Baie geluk aan elke Errie-speler wat sy/haar beste spel gelewer het. Die EHS is voorwaar trots op julle.
Donderdag: (Mpumalange Junior Kampioenskap)
Erries eindig derde met ‘n spantotaal van 254 punte. Daniël Mulder was die beste speler met ‘n telling van 81.
Vrydag: (Rondte twee van liga)
A-span: 1ste – 41 punte
B-span: 1ste – 53 punte
C1-sapn: 1ste – 46 punte
C2-span: 2de – 43 punte (Speel in C1-liga)
Beste spelers:
A-span: Daniël Mulder en Stefan Kemp
B-span: Diederik van der Walt
C1-span: Vosjan Grey
C2-span: Marni Prinsloo