Die Gr. 10-landbouleerders van Hoërskool Ermelo het op Woensdag 16 Mei 2018 vroeg die oggend vertrek na Bothaville vir die jaarlikse Nampo-fees wat beskou word as die grootste landboufees in Suid-Afrika.
Daar het die leerders die verskillende diererasse gesien, asook verskeie landboutoerustig, soos implemente en voertuie wat in landbou gebruik word.
Die leerders het baie geleer oor die wye landbou-industrie en het dit baie geniet. Die Erries is dankbaar vir die geleentheid.
Foto bo:
Voor (vlnr): Japie-Chris Groenewald, Willie Harmse, Ruan Holtzhausen, Zander de Beer, Daniël Mulder, André-Dale Groenewald en Geraldine Liebenberg
Agter (vlnr): Hendrea van Zyl, Charles Randell, Goodman Khumalo en Pedri Lourens.