Erries se dogtershokkie het uitstekend presteer in die Mpumalanga- en Bokkiespanne!
Mpumalanga o/14:
Die o/14A-span word verteenwoordig deur Inge Greyling en Jaclyn Venter. In die finaal speel hierdie span teen die Wes-Kaap en wen 2-1. Hulle eindig algeheel eerste uit nege provinsies.
In die o/14B-span verteenwoordig Isabella Burgers die Erries en in die C-span Simoné Jacobsz en Mienke Cloete. Die B-span eindig tiende en die C-span elfde.
Bokkies o/14:
In die o/14-Bokkiespan verteenwoordig Simoné Jacobsz, Mienke Cloete, Landi Erasmus, Inge van der Walt en Nathalie Nel die Erries in die Hoëveld span. Dié span speel in die finaal vir die vyfde of sesde plek teen Vaaldriehoek en eindig vyfde uit 13 unies.
Baie geluk aan Simoné Jacobsz wat gekies is vir die SA-Bokkiespan (Duikers) wat gaan toer in die Boland vanaf 20 – 28 September.
Mpumalanga o/16
Lana Herholdt was deel van die Mpumalanga A-span. Vier Errie-dogters, Anke de Kock, Chané Bester, Chloë van Wyngaard en Deidre van der Meyden verteenwoordig EHS in die Mpumalanga C-span in Potchefstroom. Hulle eindig vierde uit 12 provinsiale-spanne.
Bokkies o/16:
Monique Ferreira, Anke Krüger, Caylin Loock, Danel Olivier, Carla Ferreira, Kayla van der Meyden en Surika Struwig verteenwoordig die Erries by die Bokkies as die Hoëveld-span. Hulle speel in die finaal teen Oos-Transvaal en wen 2-0. Hierdie span eindig eerste van 14 spanne.
Baie geluk aan Surika Struwig en Danel Olivier wat gekies is vir die SA-Bokkiespan (Presidentspan) wat van 19 – 28 September na Namibië gaan toer. Carla Ferreira is as reserwe vir die SA-Bokkiespan gekies wat, indien daar iemand onttrek, opgetrek word in die SA-Bokkiespan.
Mpumalanga o/19:
Andisiwe Vilakazi verteenwoordig die Erries in die Mpumalanga A-span in die IPT B-afdeling. Hierdie span speel in die finaal teen die Oostelike provinsie en wen 2 – 1. Hulle eindig eerste in die 0/18 IPT dogters B-afdeling en word in 2020 terug verwelkom in die A-afdeling.
Meghan Houy speel vir die Mpumalanga B-span. Hulle speel in die finaal teen KZN inlands en wen 3 – 2 wat aan die Mpumalangaspan ‘n eerste plek besorg.
Bokkies o/19:
Klarissa Joubert, Simoné Beyer en Yané Broekman verteenwoordig die Erries in die Hoëveld-Bokkiespan. Hul eindig algeheel vierde in die toernooi.
Klarissa Joubert en Simoné Beyer word gekies vir die SA-Bokkiespan wat vanaf 22 September tot 2 Oktober toer in Barcelona, Spanje.
Baie geluk aan elke dogter wat presteer het. Dankie dat julle as ware ambassadeurs vir die Erries opgetree het.
EHS is trots op julle!
Foto bo: (vlnr): Monique Ferreira, Anke Krüger, Caylin Loock, Danel Olivier, Carla Ferreira, Kayla van der Meyden en Surika Struwig