Die Calstar Eerste Dogtershokkie en -Netbalspanne bedank hul borg. Mnr. Muhammed Bhyat van die Calstar Trust is die Erries se hoofborg by die eerste dogtershokkie en -netbalspanne.
Die dogters is toegerus met pragtige sweetpakke, wedstrydklere, opwarmingshemde en rugsakke. Mnr. Muhammed se besighede is Debonairs, Milkylane, Fishaways, SASOL en Mica. Daar is verskeie spesiale pakette by dié eetplekke beskikbaar. Ouers en ondersteuners word versoek om gerus daarvan gebruik te maak.
Baie dankie aan Calstar se betrokkenheid en ondersteuning aan die EHS. Dit is vir die Erries van onskatbare waarde.
Op die foto’s is die trotse Calstar-Eerstespanne.
Foto heel bo: hokkie
Voor (vlnr): Kelly-Anne Bourn, Janicé Harmse, Klarissa Joubert, Simoné Ferreira, Kyla Grobler, Marla Oosthuizen, Hanné Swart en Lydia Landman.
Middel (vlnr): Ansu Klopper, Nicole Venter, Ruané Huber, Leandri Beyer, Hannah Cloete, Nicole van der Merwe, Dané du Plessis en Berné de Kock.
Agter (vlnr): Mnr. Muhammed Bhyat en Me. Elana Fourie
Foto onder: netbal
Voor: Shanea Schoeman, Celine Joubert, Buhle Nkosi, Lungile Vilakazi.
Agter: Amy Greyling, Tegan Panos, Inge Volsoo, Luchá van Eck
Links van groep: Muhammed Bhyat
Regs van groep: Lynelle Grobler (afrigter)