)

Hoërskool Ermelo bekroon Mnr. en Mej. Errie

Op Woensdag 25 Julie EHS se Errieraad Mnr. en Mej. Errie aan met die tema: “Welcome to Hollywood!” aangebied.Die raad het hul uitstekend van hul taak gekwyt met die reël van dié funksie waaraan daar elf paartjies gekies is om deel te neem.

“Die kompetisie het nie gegaan oor skoonheid nie, maar oor persoonlikheid, oorspronklikheid en kreatiwiteit,” sê Jenna Lewis, Vise-president van die EHS wat saam met Vandré swart, kultuur-voorsitter aan die stuur was van die projek.

Die kompetisie het uit verskeie rondtes bestaan: sosiale media-gunsteling, tema-uitbeelding, talent, formeledrag (al vier hierdie rondes in paartjie-formaat) en die twaalf finaliste moes individueel ‘n onvoorbereide vraag beantwoord.
Die paartjies se foto’s is op Facebook geplaas waar die wenner gekies is na aanleiding van die meeste “likes” op Facebook. Hier wen Klarissa Joubert en Rikus Cilliers.

Met die tema-uitbeelding het elke paartjie ‘n Hollywood-tema getrek wat hulle moes uitbeeld deur van slegs dekor, musiek en kostuums gebruik te maak. Die temas het The Croods, Chicago PD, Popeye, Pirates of the Caribbean, Avengers, Sherlock Holmes, Wild West, Survivor, Great Gatsby, Peter Pan en Grease ingesluit. Junicke Broekman en Roelof Breytenbach wen die prys vir die beste uitbeelding van hul tema: Wild West.

Elke paartjie moes ‘n talent van hul keuse uitvoer gedurende die talent-ronde. Hier het ‘n hele paar versteekte talente vorendag gekom en die paartjies se kreatiwiteit het gesorg vir uit-die-maag-uit-lag-oomblikke. Met hul pragtige sang-item wen Willie Greyling en Hanné Swart dié rondte.

Nadat die beoordeling van die verskeie rondtes plaasgevind het, is die paartjies geskei, ses dogters en ses seuns is as individuele finaliste gekies. Met die finale rondte het dié twaalf finaliste elk ‘n ernstige vraag beantwoord en is daarvolgens beoordeel om die wenners te bepaal.

In die derde plek is Francois du Plessis en Marla Oosthuizen aangewys. Hanné Swart en Walter Visser is gekies vir die tweede plek. As Mnr. & Mej. Errie is Willie Greyling en Nicole Venter gekroon.

Baie dankie aan die Errieraad, deelnemers en borge wat die aand onvergeetlike gemaak het. Geluk aan die wenners! Mag julle Errie-harte helder brand!

Spesiale dank aan Me. Amanda van Huyssteen van Con Amoré, Mnr. Jan Thirion van Nashua Highveld, Mnr. Louw Greyling van Btr Café en Me. Allison van der Walt.

Foto bo: (vlnr): Francois du Plessis (derde plek), Walter Visser (tweede plek), Willie Greyling (Mnr. Errie), Nicole Venter (Mej. Errie), Hanné Swart (tweede plek) en Marla Oosthuizen (derde plek)

 

Become a Sponsor

Related Posts

Suid-Afrikaanse Modern Pentathlon – Hoërskool Randburg

Suid-Afrikaanse Modern Pentathlon. Randjie-ster skitter op die wêreldverhoog! Tydens die afgelope skoolvakansie het , ‘n vasberade leerder van Hoërskool Randburg, nie net haar skool nie, maar ook haar land met…

Laerskool Stulting Baasdag!

Unicorn roomyse, blink strikdasse en sparklers…  So het Stulting Baasdag gevier, want ons base is magical…  Baie dankie aan Mnr. Cornelius Coetzer (skoolhoof) en Mnr. John Fourie (adjunkhoof) vir die…

Leave a Reply

You Missed

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal