)

Liggies vang Gees soos net die Liggies kan

Wanneer Ligbron Akademie vir Tegnologie van Ermelo geesvang, dan doen hulle dit behoorlik. By die Liggies is Geesweek die ideale manier om elke leerder te bedank vir hulle harde werk op alle terreine van die skool, hetsy dit op die akademiese-, sport- of kultuurgebied is. Geesweek bied die leerders die geleentheid om op ‘n sosiale vlak met mekaar interaksie te voer. Vanjaar se Geesweek, wat deel vorm van die LigbronJol, het gedurende die week van Dinsdag tot Vrydag, 31 Julie tot 3 Augustus plaasgevind.

Die Liggies het ‘n vol program gehad en alhoewel akademiese tyd steeds belangrik is gedurende so ‘n week, het die leerders en organiseerders seker gemaak dat elke pouse en aand goed benut word vir Geesweek-aktiwiteite. Die Geesweek het Dinsdag afgeskop met ‘n Hippie-tema waarvolgens die leerders kon aantrek. Dinsdagaand het die Bad Peter Band by die Liggies opgetree.

Die leerders het die optrede ongelooflik baie geniet. Woensdag se kleredrag-tema was “funny Sock” en gedurende pouse het geselekteerde leerders deelgeneem aan die eerste rondte van die Fitness Challenge. Woensdagaand was natuurlik ‘n hoogtepunt op die Liggie-kalender met die jaarlikse Mnr en Mej Liggie Kompetisie wat in die skoolsaal plaasgevind het.

Donderdag het die leerders volgens hulle kultuur aangetrek en pouse het die onderwysers van die Sport- en Akademiese Departemente mekaar uitgedaag in die Fitness Challenge. Die finale vir die leerders se Fitness Challenge het ook afgeskop. Baie geluk aan Jenna Scott en Peter Akeherst wat as wenners weggestap het. Donderdagaand het vir groot pret en vermaak gesorg toe die Lipsync Battle en die Onniekonsert plaasgevind het.

Die Onnies het soos ouder gewoonte weer vir skaterlag oomblikke gesorg. Vrydag het die leerders die geleentheid gekry om hulle onderskeie sportspanne te ondersteun en die Geesweek is gedurende pouse afgesluit met speletjies wat deur die VLR aangebied was. Vanjaar se LigbronJol Geesweek was soos elke ander jaar ‘n hoogtepunt waarvan die Liggies nog lank sal praat.

Ligbron bedank mnr. Gert Pretorius en sy span wat elke jaar sorg vir hope pret en ook die kinders met soveel entoesiasme aanmoedig om aan die aktiwiteite deel te neem. Die organiseerders van die Geesweek maak ook van die geleentheid gebruik om die volgende persone of instansies te bedank vir hulle bydrae en betrokkenheid tot die 2018 Geesweek: Crossfit Ira wat die Fitness Challenge geborg en beoordeel het, CF Els Dance Studio vir hulle dansers se optredes, Bo-Kamer Gastehuis wat die gaste trakteer het, asook elke Liggie vir julle harde werk en dissipline gedurende hierdie week.

 

Become a Sponsor

Related Posts

Suid-Afrikaanse Modern Pentathlon – Hoërskool Randburg

Suid-Afrikaanse Modern Pentathlon. Randjie-ster skitter op die wêreldverhoog! Tydens die afgelope skoolvakansie het , ‘n vasberade leerder van Hoërskool Randburg, nie net haar skool nie, maar ook haar land met…

Laerskool Stulting Baasdag!

Unicorn roomyse, blink strikdasse en sparklers…  So het Stulting Baasdag gevier, want ons base is magical…  Baie dankie aan Mnr. Cornelius Coetzer (skoolhoof) en Mnr. John Fourie (adjunkhoof) vir die…

Leave a Reply

You Missed

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal