)

Hoërskool Ermelo atlete presteer by liga-byeenkoms in Secunda

Baie geluk aan die Erries wat op Saterdag 20 Maart aan nog ‘n liga-byeenkoms deelgeneem het. Die byeenkoms het plaasgevind in Secunda en die Erries het weereens uitstekend presteer.

Mia Davel (o/15): tweede plek in hoogspring met ‘n hoogte van 1,58 meter, asook in die 300 meter-hekkies met ‘n tyd van 49,26 sekondes.

Michaela Hand (o/15): tweede plek vir skyfwerp met ‘n afstand van 32,60 meter en ‘n vierde plek in gewigstoot met ‘n afstand van 11,24 meter.

Zané du Plessis (o/16): derde plek in hoogspring met ‘n hoogte van 1,40 meter en ‘n vyfde plek in die 400 meter-hekkies met ‘n tyd van 78,15 sekondes.

Deidré van der Meyden (o/17): eerste plek in die 100 meter met ‘n tyd van 13,25 sekondes en ‘n tweede plek in die 200 meter met ‘n tyd van 27,59 sekondes.

Johnke Prinsloo (o/17): vierde plek in die 1500 meter met ‘n tyd van vyf minute en 50,71 sekondes.

Mia Steenkamp: tweede plek in die 400 meter-hekkies met ‘n tyd van 72,55 sekondes.

Chantelle Swart (o/19): derde plek in die 800 meter met ‘n tyd van twee minute en 34,36 sekondes.

Tyrone Berning (o/15): eerste plek in die 300 meter-hekkies met ‘n tyd van 39,02 sekondes, eerste plek in die 400 meter met ‘n tyd van 52, 38 sekondes en eerste plek in hoogspring met ‘n hoogte van 1,92 meter (pb).

Ulric Badenhorst (o/15): vyfde in die 800 meter met ‘n tyd van twee minute en 21,27 sekondes.

Bongmusa Vilakazi (o/17): second in the 1500 meter in a time of four minutes and 28,63 seconds.

Chester Mphahlele (o/17): sixth in the 3000 meter in a time of ten minutes and 06,34 seconds.

Gideon Muteb (o/17): 23rd in the 100 meter in a time of 12,24 seconds.

Günther Badenhorst (o/19): sewende in die 800 meter met ‘n tyd van twee minute en 19,49 sekondes.

Ruan du Toit (o/19): derde in die 400 meter met ‘n tyd van 50,46 sekondes.

EHS wens elke atleet baie sterkte toe vir die komende Mpumalanga-kampioenskap wat op Saterdag 27 Maart in Secunda plaasvind.

Die Erries is trots op julle en hou julle met afwagting dop.

Foto verskaf

Become a Sponsor
  • Related Posts

    KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

    KZN Marlins Basketball. Lamia Amod Joins the KZN Marlins! St John’s D.S.G. is thrilled to celebrate Lamia Amod, whose exceptional talent and determination have earned her a coveted place in…

    Gedagte vir die Week – Thought of the Week

    Gedagte vir die Week – Here, U is my lewe, U sorg vir my. Wat ek ontvang, kom alles van U af. Psalms 16: 5-7 Thought of the Week –…

    Leave a Reply

    You Missed

    KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

    KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

    Gedagte vir die Week – Thought of the Week

    Gedagte vir die Week – Thought of the Week

    Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

    Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

    EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

    EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

    Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

    Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

    Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal

    Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal