Zané Snyman van Hoër Meisieskool Oranje het ’n puik vlak 3 interprovinsiale gala agter die rug waarin sy sewe keer eerste aan die muur geraak het. Sy was ook in twee aflosse in die wenspan.
Die gala het die naweek in Sasolburg plaasgevind met swemmers van die Vrystaat, Noordwes en Noord-Kaap in aksie. Vlak 3 is die vlak net onder junior nationals. Zané (gr. 11) se sewe individuele goues is behaal in die 50m-borsslag, 50m-rugslag, 50m-vryslag, 50m-wisselslag, 100m-vryslag, 200m-vryslag en 200m-individuele wisselslag.
Imke van Wyk (gr. 12) het met 1 goud, 2 silwer en 1 brons teruggekeer. Die ander medaljewenners was: Jana Helmand (gr. 8): 1 goud en 2 silwer, Michaela van Rooyen (gr. 8): 1 goud, 1 silwer en 1 brons, Gemma Kirsten (gr. 10): 2 brons en Loraine van den Heever (gr. 11): 1 brons.