)

Hoërskool Eldoraine matriekulante van 2020 reik na die sterre

Hoërskool Eldoraigne lewer weereens bewys van topprestasies met die bekendmaking van die matriekuitslae van 2020.

Ten spyte van nuwe uitdagings wat hoë eise aan die personeel en leerders in ‘n grendeltydperk gestel het, is onderrig ononderbroke voortgesit en lewer die skool baanbrekerswerk met aanlynonderrig van wêreldklasstandaard.

Hoërskool Eldoraigne se matriekgroep van 2020 het ‘n slaagsyfer van 98.5% behaal, en 98.8% van hierdie leerders het vrystelling tot tersiëre studies. Ons spog met 566 A-simbole en 399 B-simbole, wat Alpha Wiskunde insluit.

Dit is duidelik dat die installering en implementering van Microsoft Teams van groot sukses getuig wanneer die uitslae van ons matrikulante onder die vergrootglas geplaas word. Ten spyte van die groeipyne rondom die aanpassing van aanlynonderrig en al die uitdagings wat nuwe tegnologie aan onderwysers gestel het, is ons trots om te kan sê dat ons personeel, leerders en skoolgemeenskap hierdie paradigmaskuif met doelgerigtheid en entoesiasme aangepak het om die reeds vaste ritme binne die akademiese program te kon handhaaf.

Ons spog onder andere ook met die volgende vakgemiddeldes:

  • Wiskunde – 70,11% waar Gerlo Theron as toppresteerder met ‘n gemiddeld van 98% koning kraai;
  • Dramatiese Kunste – 87,37% waar 17 uit die 18 leerders onderskeidings behaal het;
  • IT – 80,32%
  • Elektronika – 82,38%

David Nel skitter as ons toppresteerder in Wiskunde met ‘n persentasie van 98% en dit boonop as slegs een van die 4 Wiskundevakke waarin hy so goed presteer het.

David Nel

Die onderskeie dissiplines in Wiskunde word soos volg uiteengesit:

  • AdMaths (Advanced Programme in Mathematics) word deur die IEB aangebied waar David Calculus, met matrikse en grafiekteorie as sy keuse-afdeling geneem het en daarvoor ‘n indrukwekkende 89% verdien.
  • In die Alpha Wiskunde, bestaande uit Calculus en Algebra, het hy ‘n uitmuntende 97% losgeslaan. 
  • Ook vir AdMaths wat hier fokus op Calculus, Algebra en Matriksteorie het hy ‘n 96% ingepalm.

Dit is duidelik dat David ‘n slimkop is om mee rekening te hou en nes ‘n mens sou verwag dat hierdie besondere prestasies na sy kop sou gaan, word mede-leerders en onderwysers gou herinner aan sy nederigheid binne die klaskamer, veral wanneer daar vertel word hoe hy sonder enige skroom sy mede-klasmaats sou help met ‘n wiskundeprobleem.  David is ‘n stil, toegewyde en gedissiplineerde jong man wie meestal in vrede gelaat is om sy eie ding te doen.  Hy het altyd voorbereid klas toe gekom en dan slegs raad gevra waar daar ‘n probleem was wat hy nie self kon oplos nie.  

Dat David diep wiskundespore by Hoërskool Eldoraigne getrap het, is verseker so! 

Ons beste wense vergesel hom vir ‘n skitterblink toekoms.

Become a Sponsor
  • Related Posts

    KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

    KZN Marlins Basketball. Lamia Amod Joins the KZN Marlins! St John’s D.S.G. is thrilled to celebrate Lamia Amod, whose exceptional talent and determination have earned her a coveted place in…

    Gedagte vir die Week – Thought of the Week

    Gedagte vir die Week – Here, U is my lewe, U sorg vir my. Wat ek ontvang, kom alles van U af. Psalms 16: 5-7 Thought of the Week –…

    Leave a Reply

    You Missed

    KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

    KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

    Gedagte vir die Week – Thought of the Week

    Gedagte vir die Week – Thought of the Week

    Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

    Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

    EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

    EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

    Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

    Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

    Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal

    Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal