‘n Skitterende prestasie vir Eldo Krieketster, Kyle de Bruyn.
Hierdie Gr 8 leerling het gister in die LPL O.15 Krieket Liga Finaal gespeel vir sy span, Die Bank All Stars. Kyle se prestasie in die laaste beurt het groot blydskap onder sy spanmaats gebring. Hoërskool Eldoraigne is opgewonde oor die jong man se blink toekoms wat wink.
Geniet elke oomblik Kyle.