Hoërskool Eldoraigne het pas hul Hoofleiers vir 2022 se skooljaar bekend gemaak.
Eldo’s wens Sego Motswasele en Carla Kotzè geluk met die verkiesing as Hoofleiers vir 2022.
Baie sterkte met julle nuwe avontuur.
Foto verskaf
Meer oor Eldo:
Hoërskool Eldoraigne is ‘n gelukkige skool, met gelukkige kinders, onderwysers en ouergemeenskap.
Ons missie is om ons jeug te koester en met liefde, agting en empatie op te voed tot volwassenheid. Ons doel is om hulle gawes en talente te ontwikkel sodat hulle toekomsstigters, skeppings- beheerders, volksbouers en probleemoplossers kan wees. Ons strewe daarna om ‘n gesonde balans te handhaaf tussen akademie, sport en kultuur.
Ons wil saam met ons ouers in vennootskap tree om jongmense van integriteit met ‘n positiewe toekomsverwagting te kweek. Daarom nooi ons julle om deel te word van Hoërskool Eldoraigne om sodoende “Jou roeping te vervul!”
Ons het jongmense met visie nodig, wat nog groot drome kan droom en uitdagings met entoesiasme kan aanpak.
Eldo Kultuur:
Toneel: By Hoërskool Eldoraigne is toneel springlewendig en gesond. By Hoërskool Eldoraigne het ons ‘n ryk tradisie van toneelkuns. Hoërskool Eldoraigne se toneelweek is eie in sy soort en merkwaardig aangesien meeste tonele se regie deurleerders behartig word. Gesels met ons toneel en teater direkteur vir meer inligting.
Eldo-zing: Hierdie jaarlikse solosangkompetisie is ‘n opwindende gebeurtenis. Daar word uitdunne gehou van alle soliste wat graag wil deelneem en dan, op ‘n finale aand word daar deur professionele beoordeelaars, kategorie wenners, ‘n gehoorkeuse aangewys en natuurlik ‘n algehele wenner. Daar is heerlike pryse op die spel. Februarie en Maart is sangmaand. Gesels met ons sang promotor vir meer inligting.
Redenaars en Orators: Op redenaarsgebied is die Hoërskool Eldoraigne besonder aktief en beslis die heel beste redenaarskool in Pretoria. Belangstellende leerders word by ons die geleentheid gebied om die woordkuns te bemeester en te ontwikkel. Dit is beslis ‘n lewensvaardigheid wat uiteindelik deure oopmaak vir leerders, omdat hulle kan kommunikeer sonder enige vrees om voor mense op te tree. Gesels met ons redenaars promotor vir meer inligting.
Debat: Eldoraigne het n gevestigde debatkultuur en neem jaarliks deel aan die ATKV-Debatskompetisie, sowel as ander onvoorbereide kompetisies. Debat ontwikkel navorsingsvaardighede in leerders, hou hulle op hoogte van huidige kwessies in ons samelewing en leer hulle hoe om kritiese denke te formuleer in n bekwame spraak- en redeneringsvermoë. Onder die leiding van ons afrigters, word leerders volwaardige en betrokke lede van die Suid-Afrikaanse gemeenskap. Gesels gerus met ons Debatpromotor vir meer inligting.
Koor – Eldo Ridenté: Wat ‘n voorreg is dit nie om deel te wees van ELDO-RIDENTÉ nie. Enige leerling van Graad 8 – 12 kan, nadat ‘n oudisie geslaag is, ‘n EldoRidenté lid word. Die koor is ‘n tuiste vir almal. ‘n Tradisie het ontstaan deur elke jaar met ‘n koorkamp af te skop. Jaarliks word daar ‘n koorkomitee gekies, wat behulpsaam is met dissipline en sekere administratiewe reëlings. Die Koorkomitee lewer altyd ‘n puik bydrae, daarvan getuig die inhuldigingsfunksie, op die koorkamp, van nuwe lede. Eldo Ridenté toer graag indien hulle die geleentheid kry. Gesels met ons koorleier vir meer inligting.
Musieksentrum: – ELDO MUSIQ: Hoërskool Eldoraigne se eie buitemuurse musiek-fasiliteit is waar elke leerling, wat baie graag ʼn instrument wil leer bespeel, of reeds besig is en wil aangaan daarmee, geholpe kan raak. ELDO MUSIQ STUDIO bied onderrig in die volgende Instrumente by die skool aan:
- Viool, Baskitaar en Musiekteorie
- Elektriese Kitaar, Akoestiese Kitaar, Baskitaar, Dromme & Musiekteorie
- Dwarsfluit, Klavier, Blokfluit, Akoestiese Kitaar & Musiekteorie
- Die onderwyser-leerlingverhouding funksioneer op presies dieselfde manier as privaat musieklesse en alle reëlings oor lestye en lesgelde, word tussen die betrokke onderwyser en ouer/leerder aangespreek.
Produksie: Hoërskool Eldoraigne bied jaarliks óf ‘n musikale blyspel óf ‘n groot kultuurproduksie aan, waaraan alle leerders, wat ‘n oudisie slaag, deelneem. ‘n Liefdadigheidsoptrede van hierdie produksie, is die kultuurleerders se manier om dankie te sê vir hope talent. Gesels met ons kultuur administrasie vir meer inligting.
Voortrekkers: Die Eldoraigne Voortrekkers is deel van die Sytze Wierdakommando. Daar is elke jaar minstens twee Presidentsverkenners en bykans al die matriekverkenners slaag ook die hoofleierswageksamen. Gesels met ons Sytze Kommando vir meer inligting.
Kultuurkarnaval: Die hoogtepunt en beste vertoonvenster van wat werklik in die kultuurhart van die skool aangaan, word weerspieël in die jaarlikse Kultuurkarnaval. Dit neem die vorm van graadgroepkonserte aan, waartydens die leerders verantwoordelik is vir die volle spektrum van ‘n kultuurkonsert. Die uitbeeld van ‘n tema, die bemarking, die verversings en die program, is deel van ‘n grootskaalse interne kompetisie. Wenners in elke kategorie word aangekondig en die graadwenners met die hoogste punte, kry ook ruim erkenning. Items op die planke wissel tussen sang, drama, dans, instrumentale items, kunswerke en skryfkuns. Gesels met ons kultuuradministrasie vir meer inligting.
https://schoolsthatrock.co.za/category/gauteng/gauteng-schools/pretoria/