Foto: Matriekraad Groepfoto 2020/2021
Voor v.l.n.r.: Zerwick de Lange (Adjunk-President/Hoofseun); Sean de Witt; Dirk Senekal; Gavin Sevenster; Jeffrey Nieman; Quentin Labuchagne; Riechardt du Toit; Danté van Wyk; Ruben Strydom; Albert le Roux (Onderhoofseun/Tradisies)
Middel: Elroe van den Heever
Agter v.l.n.r.: Delainey Venter; Susan le Roux (President/Hoofdogter); Andrea Naudé; Charlize de Villiers; Zané Grobler; Melandi Muller; Justine Moorhouse; Mari du Toit; Benita Lubbe; Chinelle Duffy; Luka Viljoen; Mnr. Johan Brits (Graad 12-Voog)
Hoërskool Die Wilgers: ‘n Jarelange tradisie – nog ‘n boom word geplant
Oor die jare heen het menige graad 12’s hul wortels hier by Hoërskool Die Wilgers ingegrawe. As beeld hiervan word daar elke jaar ter nagedagtenis ‘n boom geplant. Dit gebeur wanneer hul skoolloopbaan by Die Wilgers tot ‘n einde kom.
Hierdie tradisie is ook vanjaar voortgesit. Die Matriekraad van 2021 gister ‘n Van Wykshout boom op die skoolterrein geplant. Dit simboliseer die Matrieks van 2021 wat vir altyd diep gewortel sal wees in die geskiedens van Hoërskool Die Wilgers.
Bolusanthus speciosus (Van Wykshout) is ‘n regop, skraal, klein tot medium grootte boom. Dit word so 5 tot 7 m. hoog word met ‘n verspreiding van 5 tot 6 m. Sy afgeronde kroon het grasieuse, hangende takke. Die blare is afwisselend, saamgestel met tot 7 krone. Die boom se kroon is blinkgroen bo en dof onder. Alhoewel die boom bladwisselend is, is die boom in die vroeë lente net ‘n kort tydjie sonder blare. Sy donker, bruin gebarste bas van die boom is in pragtige kontras met die liggroen blare en helder blomme.
‘n Groep ertagtige, hangende, ligte violetblou blomme word gedra gedurende die lente en vroeë somer. Die blomme van die boom is geurig en lok voëls en skoenlappers. Die Bolusanthus speciosus boom is ‘n beskermde spesie in Suid -Afrika, wat beteken dat geen wilde monsters afgekap of beskadig mag word nie.
Die Van Wykshout boom (Bolusanthus speciosusa) is ‘n wonderlike plaasvervanger vir die Jacaranda, hoewel dit ‘n kleiner boom is. Hierdie boom se eienskappe is eie aan die Wilgies van 2021.
Besoekers en huidige Wilgies kan vandag lekker op die skoolterrein onder boomryke skadu gedy a.g.v. dié erfenis wat graad 12’s jaarliks vir hulle nalaat. Hoërskool Die Wilgers is altyd in harte almal se geplant.
#wilgietrots #diewilgers #wilgerstradisie #wilgersmatrieks #wilgersmx21 #wilgersleierskap #wilgersgees
Meer oor Die Wilgers:
https://schoolsthatrock.co.za/category/gauteng/gauteng-schools/pretoria/