)

Hoërskool Die Wilgers: nog ‘n boom word geplant

Foto: Matriekraad Groepfoto 2020/2021

Voor v.l.n.r.: Zerwick de Lange (Adjunk-President/Hoofseun); Sean de Witt; Dirk Senekal; Gavin Sevenster; Jeffrey Nieman; Quentin Labuchagne; Riechardt du Toit; Danté van Wyk; Ruben Strydom; Albert le Roux (Onderhoofseun/Tradisies)

Middel:  Elroe van den Heever

Agter v.l.n.r.:  Delainey Venter; Susan le Roux (President/Hoofdogter); Andrea Naudé; Charlize de Villiers; Zané Grobler; Melandi Muller; Justine Moorhouse; Mari du Toit; Benita Lubbe; Chinelle Duffy; Luka Viljoen; Mnr. Johan Brits (Graad 12-Voog)

Hoërskool Die Wilgers: ‘n Jarelange tradisie – nog ‘n boom word geplant

Oor die jare heen het menige graad 12’s hul wortels hier by Hoërskool Die Wilgers ingegrawe. As beeld hiervan word daar elke jaar ter nagedagtenis ‘n boom geplant. Dit gebeur wanneer hul skoolloopbaan by Die Wilgers tot ‘n einde kom. 

Hierdie tradisie is ook vanjaar voortgesit. Die Matriekraad van 2021 gister ‘n Van Wykshout boom op die skoolterrein geplant. Dit simboliseer die Matrieks van 2021 wat vir altyd diep gewortel sal wees in die geskiedens van Hoërskool Die Wilgers.

Bolusanthus speciosus (Van Wykshout) is ‘n regop, skraal, klein tot medium grootte boom. Dit word so 5 tot 7 m. hoog word met ‘n verspreiding van 5 tot 6 m. Sy afgeronde kroon het grasieuse, hangende takke. Die blare is afwisselend, saamgestel met tot 7 krone. Die boom se kroon is blinkgroen bo en dof onder. Alhoewel die boom bladwisselend is, is die boom in die vroeë lente net ‘n kort tydjie sonder blare. Sy donker, bruin gebarste bas van die boom is in pragtige kontras met die liggroen blare en helder blomme.

‘n Groep ertagtige, hangende, ligte violetblou blomme word gedra gedurende die lente en vroeë somer. Die blomme van die boom is geurig en lok voëls en skoenlappers. Die Bolusanthus speciosus boom is ‘n beskermde spesie in Suid -Afrika, wat beteken dat geen wilde monsters afgekap of beskadig mag word nie.

Die Van Wykshout boom (Bolusanthus speciosusa) is ‘n wonderlike plaasvervanger vir die Jacaranda, hoewel dit ‘n kleiner boom is. Hierdie boom se eienskappe is eie aan die Wilgies van 2021.

Besoekers en huidige Wilgies kan vandag lekker op die skoolterrein onder boomryke skadu gedy a.g.v. dié erfenis wat graad 12’s jaarliks vir hulle nalaat. Hoërskool Die Wilgers is altyd in harte almal se geplant.

Matriekraad: Uitvoerende komitee 2020/2021. Voor vlnr: Quentin Labuschagne (sosiaal); Dirk Senekal (Kultuur); Albert le Roux (Onderhoofseun/ Tradisies). Agter vlnr: Sean de Witt (Matriekraad Voorsitter);Zerwick deLange (Hoofseun/Adjunk-President); Delainey Venter (Matriekraad Voorsitter); Melandi Müller (Sport); Charlize de Villiers (Onderhoofdogter/Sekretaris; Susan le Roux (President/Hoofdogter
Foto links: Van Wykshoutboom. Vlnr: Albert le Roux (Onderhoofseun/Tradisies); Charlize de Villiers (Onderhoofdogter/Sekretaris); Susan le Roux (President/Hoofdogter. Foto regs: Melandi Müller (met die graaf). Vlnr: Quentin Labuschagne (Sosiaal); Albert le Roux (Onderhoofseun/Tradisies); Delainey Venter (matriekraad Voorsitter); Melandi Müller; Charlize de Villiers (Onderhoofdogter/Sekretaris; Susan le Roux (President/Hoofdogter)



#wilgietrots #diewilgers #wilgerstradisie #wilgersmatrieks #wilgersmx21 #wilgersleierskap #wilgersgees

Meer oor Die Wilgers:

https://schoolsthatrock.co.za/category/gauteng/gauteng-schools/pretoria/

https://wwwhswilgers.co.za

Become a Sponsor
  • Related Posts

    KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

    KZN Marlins Basketball. Lamia Amod Joins the KZN Marlins! St John’s D.S.G. is thrilled to celebrate Lamia Amod, whose exceptional talent and determination have earned her a coveted place in…

    Gedagte vir die Week – Thought of the Week

    Gedagte vir die Week – Here, U is my lewe, U sorg vir my. Wat ek ontvang, kom alles van U af. Psalms 16: 5-7 Thought of the Week –…

    Leave a Reply

    You Missed

    KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

    KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

    Gedagte vir die Week – Thought of the Week

    Gedagte vir die Week – Thought of the Week

    Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

    Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

    EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

    EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

    Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

    Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

    Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal

    Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal