Weereens het Wilgies bewys dat hulle nie met kaalhande aangevat kan word nie.
Michelle Botes (Graad 11) en Derick Botes (Graad 8) het deelgeneem aan die Q-Online International Kata-Kampioenskappe. Michelle het ‘n silwer medaljie in die Adapted Kata-afdeling en Derick ‘n goue medalje in die 13-15 jaar Mans Individueel-afdeling verwerf!
Die Wilgies neem nou internasionaal deel a.g.v. die Covid-19 regulasies wat sorg dat die katas opgeneem en dan ingestuur word. Die opnames word dan deur verskillende lande se skeidsregters beoordeel asof dit ‘n lewendige kompetisie was. Lande wat per afdeling deelneem wissel tussen nege en vyftien. Die standaard is van wêreldgehalte en daarom is Wilgies ongelooflik trots op beide Michelle en Derick!
#wilgietrots #diewilgers #wilgiesterre #wilgiekarateka
Foto’s verskaf