Kaylin Stevens van Hoërskool DF Malan in Kaapstad het hierdie jaar uitgeblink op die verhoog!
Sy het vroeër dié jaar aan die Talent Africa Nasionale kompetisie deelgeneem, waar sy 5 goue medaljes en 1 silwer medalje vir uitvoerende kunste verwerf het. Sy kwalifiseer toe vir die SA-span en behaal die Top 10 Akteurslys.
Gedurende die afgelope vakansie het sy Suid-Afrika by die Talent America Internasionale kompetisie verteenwoordig en verwerf daar 3 opvolger medaljes.
Baie geluk, Kaylin, DF is trots op jou!