Hoërskool DF Malan van Kaapstad se tennisspanne is hierdie kwartaal vooruitstrewend en spog tot dusver met vier byna
onoorwonne spanne!
Die eerstespan seuns, derdespan seuns en die eerstespan dogters het tot op hede al hul wedstryde gewen.
Die tweedespan dogters het tot dusver slegs een wedstryd verloor.
Ons wens hulle almal voorspoed toe vir die res van die tennisseisoen en weet hulle sal daardie tennis-greep op hul wedstryde hou!