Gedurende die naweek van 22 tot 24 Februarie het sewe leerders van Hoërskool DF Malan van Kaapstad meegeding in die Tennis Suid Interpro 2019, wat in George plaasgevind het.
Die volgende leerders hou DF se naam hoog: Matias Stinnes (o.19) en George Botes (o.17), albei in Gr. 11, Wihan Bester (o.15A) en Lucas Pentz (o.15B) asook die dogters: France Esterhuyse en Emma Coetzee (o.15A) en Emma Snyman (o.15B).
Hierdie leerders het almal ‘n silwer medalje verwerf in hulle verskillende katogerieë, behalwe die seuns en dogters onder 15B WP-span.
Hannes Swart (Gr.12) speel tennis by die TSA Interpro Pretoria 15-19 Maart (Seuns o.19A).
Ons wens hom alle sterkte toe!
Dit ‘n ongelooflike prestasie om teen die land se top tennisspelers mee te ding.