Baie geluk aan die DFM-fietsryers wat die afgelope naweek in Brits aan die Spur MTB Interskole Ligafinaal deelgeneem het.
Alec Coleské behaal 1ste plek o/14 seuns en Luca Ruwiel, 3de plek o/16 seuns. DFM seuns het die algehele 5de plek uit 20 spanne in die land behaal en as gemengde span 8ste geëindig. Die span bring ‘n R10 000 tjek vir DFM fietsry terug.
Welgedaan!