Anita Chen van Hoërskool DF Malan in Kaapstad, het die afgelope vakansie deelgeneem aan die Nomads SA Girls Golf Championships in Orkney. In die B-Afdeling maak sy dit tot in die Top 5 en eindig in die 3de plek met +49.
Anita het ook onlangs die volgende prestasies behaal: Sy was die Erindale Junior Open, B-Divisie se wenner.
By die Nomads WP Junior Girls Championships by die Strand eindig sy 2de in die B-divisie.
Baie geluk Anita!