)

Hoërskool De Aar skuts skitter in Engeland

[et_pb_section bb_built=”1″][et_pb_row][et_pb_column type=”4_4″][et_pb_text _builder_version=”3.0.95″ background_layout=”light”]

Daniël en Philip du Toit, leerlinge van Hoërskool De Aar, het op 8 Julie na Engeland vertrek om aan die 149ste Imperial Meeting deel te neem as deel van die SA Junior o/19 span. Vanaf 16 Julie tot en met 20 Julie het hulle aan die School’s Meeting deelgeneem. Hulle het egter hierdie kompetisies as oefening gebruik vir die Nasionale kompetisie wat gevolg het.

Die afstande vir hierdie kompetisies was onderskeidelik 300, 500, 600, 900 en 1000 yards. Daar was verskeie kompetisies op die verskillende afstande geskiet. Die heel belangrikste kompetisie was die H.M. Queen’s Prize.

Hierdie kompetisie bestaan uit drie stadiums. Die eerste stadium word deur alle deelnemers geskiet. Vir die tweede stadium word die top 300 gekies en na die tweede stadium word slegs die beste 100 gekies vir die derde stadium.

Daniël het gevorder tot en met die derde stadium wat op ‘n 900 en ‘n 1000 ‘yards’ plaasgevind het. Behalwe vir die individuele kompetisie was daar ook spanskiete gewees. Daar was twee toetse wat tussen Suid-Afrika, Engeland en Kanada plaasgevind het.

Ongelukkig het Suid-Afrika nie een van hierdie twee toetse gewen nie. ‘n Derde toets het tussen Suid-Afrika en Engeland plaasgevind en die SA-span het nie daarin geslaag om die Engelse span ore aan te sit nie. Philip het wel met een van hierdie toetse die hoogste telling onder die SA-span behaal.

Beide Daniël en Philip het uitmuntende prestasies behaal en sal weer saam met die SA-span die Engelse die stryd aansê met die aankomende Nasionale kampioenskappe.

 

[/et_pb_text][et_pb_gallery _builder_version=”3.0.95″ posts_number=”3″ show_title_and_caption=”off” show_pagination=”on” gallery_ids=”17721,17720,17723″ fullwidth=”off” orientation=”landscape” zoom_icon_color=”#007dc2″ hover_overlay_color=”rgba(255,255,255,0.9)” background_layout=”light” pagination_font_size_tablet=”51″ pagination_line_height_tablet=”2″ /][/et_pb_column][/et_pb_row][/et_pb_section]

Become a Sponsor

Related Posts

Suid-Afrikaanse Modern Pentathlon – Hoërskool Randburg

Suid-Afrikaanse Modern Pentathlon. Randjie-ster skitter op die wêreldverhoog! Tydens die afgelope skoolvakansie het , ‘n vasberade leerder van Hoërskool Randburg, nie net haar skool nie, maar ook haar land met…

Laerskool Stulting Baasdag!

Unicorn roomyse, blink strikdasse en sparklers…  So het Stulting Baasdag gevier, want ons base is magical…  Baie dankie aan Mnr. Cornelius Coetzer (skoolhoof) en Mnr. John Fourie (adjunkhoof) vir die…

Leave a Reply

You Missed

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal