Hoërskool De Aar se 1ste rugbyspan behaal wegholtelling teen Hoërskool Sand du Plessis.
Hoërskool De Aar se 1ste rugbyspan het op 18 Augustus Hoërskool Sand du Plessis van Bloemfontein se 1ste rugbyspan gewen met ‘n wegholtelling van 62-0. Die wedstryd is met 15 minute verkort weens die hoë telling.
Hierdie span dring nou ook deur na die Kovsie-finale wat die naweek van 25 Augustus in Bloemfontein plaasvind.