[et_pb_section bb_built=”1″][et_pb_row][et_pb_column type=”4_4″][et_pb_text _builder_version=”3.17.2″]
Die Nasionale kompetisie van die Eskom Expo for young Scientist het gedurende die vakansie in Johannesburg plaasgevind.
Drie van HSDA se leerders het die voorreg gehad om aan die geleentheid deel te neem. Jaco-Erik van der Merwe het met sy projek “Boereraat vir boorgate” ʼn goue medalje by die Expo in Kimberley verwerf en sodoende na die finale rondte deurgedring. Met die taak waarmee hy boorgate op ʼn goedkoop manier kan skoonmaak, verwerf hy ʼn brons medalje by die Nasionale byeenkoms.
Daniël du Toit en Armand Munz het silwer in Kimberley behaal met hul projek om uit afval organiese produkte energie te genereer vir arm huishoudings. By Nasionaal verwerk hul silwer.
Al drie is dit eens dat dit ʼn groot ervaring was om op so ʼn vlak te kon deelneem en dat die belewenis onder die hoogtepunte van 2018 sal tel.
[/et_pb_text][/et_pb_column][/et_pb_row][/et_pb_section]