[et_pb_section admin_label=”section”][et_pb_row admin_label=”row”][et_pb_column type=”4_4″][et_pb_text admin_label=”Text”]
Hoërskool De Aar Interskole teen Cradock op Cradock
[/et_pb_text][et_pb_text admin_label=”Text” background_layout=”light” text_orientation=”left” use_border_color=”off” border_color=”#ffffff” border_style=”solid”]
RUGBY eerstespan
Saterdag het HSDA teen H/s Kathu kragte gemeet. Die halftydtelling was 3-0 in De Aar se guns. Die tweede helfte het De Aar puik rugby gespeel en vier drieë gedruk. Goeie samespel, hantering en fiksheid het bygedra tot die goeie oorwinning.
Drieë vir De Aar is gedruk deur : Rowan Greeff 1, Litha Bangani 1, Shaun Tara 2
Gian Visagie slaag met een strafskop en drie doelskoppe.
HSDA ONDER 17 RUGBY
Op Saterdag 29 Julie het die onder 17 span ook teen H/skool Kathu op Kathu gespeel. De lang busrit en die Junie vakansie het sy tol geëis op die span. Teen rustyd was HSDA 7-5 voor, maar het baie foute gemaak en verloor die wedstryd 22- 19. Dit is HSDA se eerste verloor die seisoen. Die span gaan aanhou hard werk en hul foute uitskakel om gereed te wees vir die uitkloprondtes.
[/et_pb_text][et_pb_text admin_label=”Text” background_layout=”light” text_orientation=”left” use_border_color=”off” border_color=”#ffffff” border_style=”solid”]
HSDA netbal
Saterdag het ons die seisoen afgesluit met ons laaste wedstryde teen HS Kathu. Die ver ry, koshuis oorbly en vakansie het sy tol op ons spelers geëis, want hul hou goed teen die opponente, maar in die laaste minuut kon hul net nie meer byhou nie. Ongelukkig verloor al ons spanne, maar dit was ʼn goeie en heerlike netbaldag.
Die eerstespan het uitstekend gespeel en gewys wat hul die seisoen geleer het. Die vier matrieks in die span het hul harte uitgespeel en die ander ook geïnspireer.
Baie dankie vir almal wat ons deur die seisoen ondersteun het.
[/et_pb_text][et_pb_gallery admin_label=”Gallery” gallery_ids=”12897,12899,12900,12901″ fullwidth=”off” orientation=”landscape” show_title_and_caption=”off” show_pagination=”on” background_layout=”light” auto=”off” hover_overlay_color=”rgba(255,255,255,0.9)” use_border_color=”off” border_color=”#ffffff” border_style=”solid”] [/et_pb_gallery][/et_pb_column][/et_pb_row][/et_pb_section]