)

Hoërskool Cradock Tennisspelers sluit jaar goed af

Drie tennisspelers van Hoërskool Cradock, Anika Marais, Daniel Tam en Yahron van Dyk, het die afgelope vakansie aan die George Tennistoernooi deelgeneem en gemengde welslae beleef.  Hoewel al drie hierdie spelers nog o.16 moet deelneem speel hulle reeds lankal in die Ope-afdelings en maak vinnig naam vir hulleself as drie juniors op dop te hou.

Daniel en Yahron het ook die afgelope naweek deelgeneem aan die Oos-Londen Mini Tennistoernooi en baie goeie resultate gelewer.  In die enkelafdeling eindig Daniel derde terwl  Yahron vyfde eindig.  Hulle speel ook in die dubbelsafdeling en einding die toernooi in die tweede plek.

Die nuutste OP-ranglyste, met die finale resultate vir die einde van die jaar, is ook onlangs bekend gemaak.  Spelers wat hierdie ranglyste haal kwalifiseer vir die SA Skolespan in 2018 terwyl daar ook spelers geidentifiseer word wat kwalifiseer vir verdere proewe.  Anika sluit haar jaar goed af deur te eindig in die nommer een posisie van die o.16- sowel as die o.19-span, wat haar outomaties laat kwalifiseer vir die SA Skolespan.  Daniel kwalifiseer ook vir die span met Ryan Gowar wat kwalifiseer vir verdere proewe wat op 6 en 7 November 2017 in Port Elizabeth gespeel word.

Tennisspelers wat deur die jaar puik vertonings lewer en pragtige prestasies behaal ontvang ‘n uitnodiging na landswye Mini Masters toernooie.  Die kersie op Anika (foto links) se goeie seisoen was haar uitnodiging na die FS Mini Masters wat in Bloemfontein gespeel word gedurende November 2017.

Hoërskool Cradock is besonders trots op hierdie talentvolle spelers en hulle harde werk regdeur die jaar.  NIL NISI NITENDO.

Become a Sponsor

Related Posts

Suid-Afrikaanse Modern Pentathlon – Hoërskool Randburg

Suid-Afrikaanse Modern Pentathlon. Randjie-ster skitter op die wêreldverhoog! Tydens die afgelope skoolvakansie het , ‘n vasberade leerder van Hoërskool Randburg, nie net haar skool nie, maar ook haar land met…

Laerskool Stulting Baasdag!

Unicorn roomyse, blink strikdasse en sparklers…  So het Stulting Baasdag gevier, want ons base is magical…  Baie dankie aan Mnr. Cornelius Coetzer (skoolhoof) en Mnr. John Fourie (adjunkhoof) vir die…

Leave a Reply

You Missed

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal