)

Hoërskool Cradock se 1ste krieketspan wen oortuigend

Hoërskool Cradock se eerste krieketspan het Saterdag op sy tuisveld in alle afdelings van die spel die bo-toon gevoer en met 112 lopies teen die Hoërskool Middelburg gewen.

Cradock het die loot gewen en besluit om eerste te kolf en 197/4 in sy toegelate 40 beurte aangeteken. Lea Rasmeni met 55 en Ryan Gower met 45 was weer in ‘n voortreflike 99-lopie vennootskap betrokke. Siphe Nofukuka en Niël Sabbert met 22 en 16 onoorwonne lopies onderskeidelik, was self in ‘n mooi vennootskap van 40 lopies om die vierde paaltjie betrokke. Reinhardt  Pelser, Henru  Geldenhuys, Brendon James en Adrian Joubert neem 1 paaltjie elk vir Middelburg.

Hoërskool Cradock se boulers sukkel aanvanklilk met hul lyn maar slaag nogtans daarin om Middelburg vir 85 uit te boul. Ryan Gowar oes 5 paaltjies in vir net 15 lopies vir ‘n goeie veelsydige vertoning. Raymond Tom neem 2/13 en Siphe Nofukuka, Kanya Papu en Latisio Nomatye, 1 paaltjie elk.

Become a Sponsor

Related Posts

Suid-Afrikaanse Modern Pentathlon – Hoërskool Randburg

Suid-Afrikaanse Modern Pentathlon. Randjie-ster skitter op die wêreldverhoog! Tydens die afgelope skoolvakansie het , ‘n vasberade leerder van Hoërskool Randburg, nie net haar skool nie, maar ook haar land met…

Laerskool Stulting Baasdag!

Unicorn roomyse, blink strikdasse en sparklers…  So het Stulting Baasdag gevier, want ons base is magical…  Baie dankie aan Mnr. Cornelius Coetzer (skoolhoof) en Mnr. John Fourie (adjunkhoof) vir die…

Leave a Reply

You Missed

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal