Twee leerders van CHS is gekies om hul poësie te publiseer in die Poort tydskrif.
Dit is ‘n baie groot prestasie vir (foto bo) Marissa du Plessis (Gr. 12, 2017) en (foto links) Shané de Waal (Gr. 12, 2018) om onder die Top 100 inskrywings gekies te word. Twee gedigte van Marissa is: “Droom” en “Heuningkind”. Shané se gedig word genoem “Dieselfde Kam”.
Die Poort-skryfkompetisie word aangebied deur die SA Akademie vir Wetenskap en Kuns. Die keurders van hierdie jaar se inskrywings was Etienne le Roux (Hertzogpyrswenner), Marlene van Niekerk (Hertzogpryswenner), Daniel Hugo (bekroonde digter en vertaler) en Antjie Krog (Hertzogpryswenner).
Hierdie is die sesde agtereenvolgende jaar wat CHS leerders het wat in Poort publiseer. In 2016 het CHS ook ‘n nasionale wenner opgelewer toe Alet Janse van Rensburg aangewys is as nasionale wenner in die poësie afdeling. Alet is tans is tweedejaar student aan die Noordwes Universiteit se kampus in Potchefstroom.