Die jaarlikse Winterberg o.17 krieketproewe het op 16 en 17 Oktober 2017 te Cradock plaasgevind. Baie geluk aan Ryan Gowar, Raymond Tom, Liya Rasmeni and Xhanti Saptoe wat gekies is vir die Winterberg o.17-span.
Tydens twee wedstryde teen Karoo is spelers vir die OP Plattelandspan gekies. Hoërskool Cradock is trots op Ryan Gowar en Raymond Tom wat in hierdie span ingesluit is. Baie geluk manne!