Hoërskool Cradock se vier nuwe hoofleiers, wat in 2019 die voortou gaan neem, is onlangs tydens die jaarlikse CHS Prysuitdeling aangewys.
Elize-Mari Gerber (tweede van regs) en Pieter-Ben Smit (tweede van links) is onderskeidelik as hoofdogter en –seun aangekondig.
Hulle sal ondersteun word deur Elanie de Wet (heel regs) en Ian Schoeman (heel links), wat as onderhoofdogter en –seun aangewys is.
Baie geluk aan hierdie vier leiers.
Ons vertrou dat julle ‘n suksesvolle termyn sal ervaar.