)

CHS BELEEF BESIGE SPORTNAWEEK

Die sportmanne en -vroue van Hoƫrskool Cradock was die afgelope naweek bedrywig op verskeie terreine. Terwyl die atlete in Bloemfontein deelgeneem het, het CHS se tennisspanne kragte gemeet teen spanne van Queenstown. Die krieketspelers het deelgeneem aan OPP-proewe.

Die tennisspanne van Hoƫrskool Cradock het op Vrydag 19 Oktober die Kwagga-naam hoog gehou op die tennisbaan in hul onderskeie wedstryde teen Queens College en Queenstown Girls High.

Die eerste seunsspan wen hul wedstryd teen Queens College oortuigend met ā€˜n puik telling van 64 – 31. Ongelukkig blyk die tweede span van Queens College te sterk te wees vir die Kwaggas. Die dogterspan van CHS speel ook puik tennis met Anika Marais, Nicola Koegelenberg en Lehanie Marias wat al hul enkelspelle goed wen. Hoewel die telbord in Queenstown se guns eindig, kan melding gemaak word van die goeie spel en vordering wat veral onder die juniorspelers te sien was.

Vyf CHS-krieketspelers het op Saterdag 20 Oktober goeie vertonings gelewer tydens die o/17 OPP-proewe. Na afloop van ā€˜n uitmergelende dag word Raymond Tom vir ā€˜n tweede agtereenvolgende jaar ingelsuit in hierdie span. Liyabona Rasmeni, Niel Slabbert en Musa Green word ook opgeneem in die span. Wat die laasgenoemde merkwaardig maak, is dat beide Niel sowel as Musa tans nog o/15-spelers is.

Die OPP-span gaan vanaf 10 Desember deelneem aan die SA Plattelandweek, wat plaasvind in Kimberley.

CHS is baie trots op al hierdie sportmanne en -vroue, knap gedaan Kwaggas!

Op die foto:Ā Niel Slabbert, krieketspeler van CHS, in aksie. Niel en Musa Green, albei o/15-krieketspelers, is onlangs ingesluit in die o/17 OPP-span, ā€˜n merkwaardige prestasie vir hierdie twee jong Kwaggas.

Become a Sponsor

Related Posts

Suid-Afrikaanse Modern Pentathlon – HoĆ«rskool Randburg

Suid-Afrikaanse Modern Pentathlon. Randjie-ster skitter op die wĆŖreldverhoog! Tydens die afgelope skoolvakansie het , ā€˜n vasberade leerder van HoĆ«rskool Randburg, nie net haar skool nie, maar ook haar land met…

Laerskool Stulting Baasdag!

Unicorn roomyse, blink strikdasse en sparklers…Ā  So het Stulting Baasdag gevier, want ons base is magical…Ā  Baie dankie aan Mnr. Cornelius Coetzer (skoolhoof) en Mnr. John Fourie (adjunkhoof) vir die…

Leave a Reply

You Missed

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Teemane Karateklub Winter Challenge – HoĆ«rskool Kalahari

Teemane Karateklub Winter Challenge – HoĆ«rskool Kalahari

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – HoĆ«rskool Sentraal

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – HoĆ«rskool Sentraal