Hoërskool Bredasdorp. Dit is vir Schools That Rock ‘n voorreg om ‘n paar vrae te vra aan Zoë Louw, Hoofdogter vir 2022, van Hoërskool Bredasdorp.
Zoë, hoe sien jy jou rol as hoofleier van Hoërskool Bredasdorp?
Ek beskou dit as ‘n groot eer om die rol as hoofleier vir 2022 te vervul. Dit is ‘n geleentheid om nie net my eie leierskapvaardighede te verbeter nie, maar om ook die mense rondom my te help om hulle volle potensiaal te bereik en hulle leierskapvaardighede te verskerp.
Hoe het die afgelope vier jaar by Hoërskool Bredasdorp jou vir die rol as leier voorberei?
Die struktuur van Hoёrskool Bredasdorp het my gehelp om die mens te vorm wie ek vandag is. Meer as die struktuur, het die onderwysers en leerders in die grade bo my vir my gewys wat dit beteken om ‘n ware BD te wees. Dit is iets waarna ek gestreef het en het my sodoende voorberei om as ‘n leier te kan optree.
Na wie sien jy op vir inspirasie of mentorskap?
My pa en Hoërskool Bredasdorp se hoofmeisie van 2021, Marnél Retief.
Watter studieriging beoog jy na skool?
Ek oorweeg om of in ‘n mediese of kunstige rigting te gaan studeer.
Wat staan vir jou die meeste uit by Hoërskool Bredasdorp?
Die feit dat die mense wat saam met my in die skool is, die onderwysers, mede-leerders en personeel, is meer as net dit. Almal wat betrokke is by Hoërskool Bredasdorp vorm een groot familie wat steeds mekaar se professionele en outoriteitsgrense kan respekteer.
Dink jy dat deelname aan sport verpligtend moet wees in skole?
Ek dink nie dat die deelname aan sport spesifiek verpligtend moet wees nie, maar dat die deelname aan ten minste een buitemuurse aktiwiteit, sport of kultuur van aard, verpligtend moet wees.
Wat het jy sover die meeste geniet tydens jou skoolloopbaan?
Die tyd wat ek saam met my vriende kon spandeer en om ons verhoudings te kon versterk deur middel van skoolverwante funksies of aktiwiteite.
Wat is jou doelwitte vir jou dienstermyn?
Ek streef daarna om die beste weergawe van myself te wees en dit motiveer my om al my doelwitte en ideale te bereik.
Wat motiveer jou om jou ideale te bereik?
Die balans word baie goed gehandhaaf by Hoёrskool Bredasdorp: daar is tye wat ons kan pret hê, maar ook tye wanneer ons weet dat ons skoolwerk eerste prioriteit kry.
Hoekom sou jy leerders aanraai om ook deel van Hoëskool Bredasdorp te word?
Die balans word baie goed gehandhaaf by Hoёrskool Bredasdorp. Daar is tye wat ons kan pret hê, maar ook tye wanneer ons weet dat ons skoolwerk eerste prioriteit is.
Wat is jou toekoms-ideale
Ek wil ‘n lewe vir myself maak wat my nooit sal verveel nie. Om gedurig geïnspireerd te bly en nuwe doelwitte vir myself stel. Ek wil alles in my mag doen om dit te bereik.
Foto verskaf
Lees meer skolenuus: