Hoërskool Brackenfell is trots op hul skuts wat op 4 Mei aan ‘n skyfskiet-kompetisie by HTS Drostdy in Worcester deelgeneem het.
21 Skuts van Hoërskool Brackenfell het deelgeneem aan die kompetisie waarvan 7 Skuts skiet MQS en 3 Skuts hul persoonlike beste verbeter.
49 Medaljes is gewen gedurende hierdie kompetisie waarvan Hoërskool Brackenfell se skuts 25 medaljes verower het.
Baie geluk aan die skuts!