Die Musiekdepartement van die Hoërskool Brackenfell het hierdie jaar groot gegaan met hul Prestige Konsert 2019. Daar was instrumentale – en sangitems met begeleiding deur ‘n klein simfonie-orkes. Musiek van so vroeg soos 1650 tot hedendaagse ‘Rock’ en Jazz, asook musiek uit ‘Phantom of the Opera’ is gehoor.
Agt oudskoliere van die Hoërskool Brackenfell het saam met skool se leerders opgetree, asook die gaskunstenaar en oudleerling Zinzi Carolissen, wat tans in Boston, VSA sang studeer, het die gehoor bederf met haar stem.
Vier kore het opgetree, nl die kore van Hoërskole Brackenfell, Fairmont, Tygerberg en die Juniorkoor van Laerskool Bastion.
Die aand is afgesluit met 230 koorlede wat ‘n medley van Queen-musiek gesing het.