Voor vlnr: Johnke Prinsloo, Raees Tikly en Danielle Koçaj
Agter vlnr: Caylin Loock, Dirk Maritz en Carla Ferreira
Op Dinsdag, 23 Julie, het 12 van Hoërskool Ermelo se leerders by Curro Nelspruit deelgeneem aan die provinsiale uitdunne van die Oppie-Tong-Af Redenaarskompetisie. Die leerders het in die volgende kategorieë deelgeneem: Afrikaans voorbereid, Engels voorbereid, Engels motiveringstoespraak, sowel as Engels voorbereide spanredenaars.
Ses van die Erries se redenaars dring deur na die nasionale finaal wat op 3 en 4 Oktober te Midstream Ridge Primêr gaan plaasvind.
Hoërskool Ermelo wens graag die volgende leerders geluk met hul puik prestasie: Die spanredenaars wat bestaan uit Danielle Koçaj, Dirk Maritz, Carla Ferreira en Caylin Loock; Johnke Prinsloo vir Engels voorbereid en Raees Tikly vir Engels motiveringstoespraak.
EHS het die volste vertroue in elkeen van die leerders om die Erries se naam hoog te hou en wens julle alle sterkte toe! Baie geluk met die besondere prestasie.
Become a Sponsor









