Bothaville Hoërskool plaas as deel van hul fondsinsamelingsprojek van 2020 die volgende versamelstuk op ‘n blinde veiling aan.
Versamelstuk: Joost vd Westhuizen huldeblyk nr 22 van slegs 89 geproduseer.
Hoe werk die blinde veiling: Elke bod wat gemaak word is bindend m.a.w al is jou bod nie die hoogste nie, moet die bod betaal word. Slegs die hoogste bod kry egter die versamelstuk.
Jy staan dus die kans om die stuk vir veel goedkoper as op ‘n gewone veiling te koop maar daar is ook ‘n risiko dat jy nie die stuk sal wen nie. Enige bedrag word aanvaar en geen bod is te klein of te groot nie.
Die hoogste bod word Saterdag 3 Oktober tydens ons gholfdag bekend gestel en die wenner sal dadelik in kennis gestel word.
Hoe kan jy jou bod indien? Jy het die volgende opsies:
1. Jy kan jou naam, telnr en bod tot en met 17:00 op Saterdag 3 Oktober na 074 476 7350 whatsapp of sms.
2. Jy kan jou naam, telnr en bod in ‘n geseëlde koevert na die hoërskool stuur voor of op Vrydag 2 Oktober 2020.
3. Diegene wat Saterdag 3 Oktober 2020 aan die gholfdag deelneem kan by die gholfklub ‘n vorm voltooi en inhandig.
Indien een persoon meer as een bod indien sal die verskillende bedrae bymekaar getel word en dit as een bod gesien word.
Sodra jou bod ingedien is kan jy die geld in die Hoërskool se rekening inbetaal:
Hoërskool Bothaville
ABSA Bank
Tjekrekening: 790 750 403
Takkode: 334136
Verwysing: Jou naam + Joost
Moenie hierdie geleentheid misloop om ‘n stuk Springbok geskiedenis te besit nie.
Bothas Groete.