Hoërskool Sentraal beskik oor 8 tennisbane waarop daagliks geoefen word. Sentraal beskik ook oor ‘n tennismasjien.
Aktiwiteite gedurende die jaar:
Jaarliks ’n kampioenskap by die skool om die ranglyste te bepaal.
Aan die begin van elke jaar speel die gr. 8’s ‘n rondomtalie om ‘n ranglys vir hulle op te stel. Hulle kry dan geleentheid om op die hoofranglys te daag en vir hulle so ‘n plek daarop oop te speel.
Die skool neem aan die Bloemfonteinliga teen al die ander skole deel. Daar word gewoonlik 2 seuns- en 2 dogterspanne ingeskryf.
Die seuns eerstespan word in 2020 as wenners van Fichardtpark sportdag aangewys.
Daar is 2 tennistoere elke jaar. Die eerste toer is gedurende Februarie na Cradock waar die skool deelneem aan die Hoër Landbouskool Marlow se Tjaart Vorster-tennisuitdaagtoernooi. Die tweede toer is na Bethlehem gedurende September waar die skool deelneem aan ‘n Inter Afrika-hoërskole tennistoernooi.