Hoërskool Bastion Rugby. Hoërskool Bastion, Roodepoort, se rugby skitter. Dit was ‘n ongelooflike seisoen vir die Buffels Eerste Span!
Met nuwe afrigters aan die stuur en ‘n groep nuwe spanlede, moes daar vinnig ‘n manier gevind word om die spelers tot ‘n eenheid te omvorm. Die heel eerste Buffelskamp is hieruit gebore. Die gees van eensgesindheid is tydens hierdie kamp gekweek. Dit is beslis iets wat regdeur die jaar deel van die spelers se mondering was.
Die Buffels Eerste Span het aan ‘n voorseisoen liga deelgeneem en is as wenners aangewys. Rocco Oosthuizen, losskakel en kaptein, was een van die uitblinkers tydens die toernooi. Hy het 106 punte in vyf wedstryde aangeteken.
KHS Best of the West Fees
Daarna het die Buffels aan die KHS Best of the West Fees deelgeneem en onoorwonne uit die stryd getree. Divan Myburgh, die Buffels se onderkaptein, is as speler van die toernooi aangewys. Die Buffels se momentum met die aanvang van die fees was op dreef. Die wedstryde was ‘n skouspel van goeie gees en fisiese vertoon. Daar is skitter-drieë gedruk en klipharde duikslae uitgevoer.
Die Buffels Eerste Span het vir die eerste keer in baie jare in die Goue Leeus finaal gespeel. Hulle het die tweede plek behaal. Verdere uitspele het in die Noord-Vaal toernooi plaasgevind. Om in Pietersburg te wen, was nie ‘n maklike taak nie, maar die Buffels was onstuitbaar. Hulle het hul uitspeelrondte met gemak gewen en sodoende na die kwartfinale deurgedring. Die Buffels spog met ‘n rekord van dertien oorwinnings uit sestien wedstryde. Hiermee het hulle verseke dat hulle onder die top agt spanne in hul afdeling van die Noord-Vaal Streek eindig. Dit sluit skole soos die Valke, Leeus, Blou Bulle, Luiperds, Pumas en die Limpopo Blou Bulle, insluit.
“Ons is ongelooflik dankbaar vir die tyd wat elke seun en afrigter ingesit het asook vir hul opoffering. Ons dank ons Hemelse Vader vir hierdie voorreg om die jaar só te kon vier.”
Meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za
Foto verskaf