Janco Labuschagne.
Die O.16 Tennisseuns van Alie-land se seesand was skaars tussen hul tone uit toe moes hulle alreeds aan die jaarlikse Country Districts proewe gaan deelneem wat op 17 Januarie plaasgevind het.
Die seuns het goed gevaar en die volgende spelers is gekies vir die span: Henco Vorster, Janco Labuscagnie, David le Roux en Christoff van Jaarsveld.
Alie-land is baie trots op Janco Labuscagnie wat gekies is vir die O.19, Oos-Kaap Aloes span wat vanaf 9 tot 13 April aan die ITP gaan deel neem in Pretoria. Baie geluk, jongman!