Vlnr: Blommekind en Blom bekruip
Natuurlik mooi!
Tydens die inperking mis Hoërskool Aliwal-Noord die landsdiensmiddae. Vanaf Nasionele vlak is daar besluit om sover moontlik steeds landsdiensprojekte aan te pak. Een van die projekte was die “Natuur-geïnspireerde” hare. Van ons Alie landsdieners het entoesiasties hieraan deelgeneem.
Met die deelname aan hierdie projekte kan die landsdieners steeds punte bymekaarmaak om sodoende te werk vir hulle toekennings.
Die juniors is ook ywerig besig om proppies en broodsakkieknippies bymekaar te maak vir die rolstoelprojek. Elke landsdiener moet ‘n 1-liter houer volmaak om punte daarvoor te kry. Die Alies gaan poog om elke maand twee projekte aan te pak.
Vlnr: Growwe kuif en Blaar-fraai